On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Skole wat gereed is, moet open - AfriForum

───   08:21 Sat, 16 Jan 2021

Skole wat gereed is, moet open - AfriForum | News Article

AfriForum beoog om ’n dringende skrywe te rig aan die Nasionale Bevelsraad, asook die Departement van Onderwys.

Die burgerregteorganisasie wil hulle oortuig om skole wat kan bewys dat hulle aan COVID-19-protokolle voldoen, toe te laat om aansoek te doen om – soos beplan – op 27 Januarie 2021 vir leerders te open.

Dit kom nadat die departement vandag aangekondig het dat openbare skole eers op 15 Februarie vanjaar mag heropen.

Volgens Natasha Venter, adviseur vir onderwysregte by AfriForum, is dit in die belang van leerders en ouers dat skole, waar die nodige veiligheidsmaatreëls in plek is, heropen soos beplan. “Leerders het reeds verlede jaar gely weens die chaos wat die inperkingsregulasies meegebring het, en ons kan nie bekostig dat hulle verder agter raak nie. Baie skole het reeds die nodige reëlings getref om na personeel en leerders se gesondheid om te sien. Dit is daarom onregverdig van die Departement van Onderwys om dié skole te benadeel omdat die departement nie ingegryp het om toe te sien dat skole wat nie self die nodige maatreëls in plek kon stel nie, wel na behore toegerus is nie.”

Die verdere uitstel van die heropening van skole vir die 2021- akademiese jaar skep volgens Venter ook baie onsekerheid by leerders. “Skole gaan moet aanpas by die nuwe normaal wat die virus tot gevolg gehad het. Die regering se gesloer met die verskaffing van ’n entstof en die weiering dat ander rolspelers hierin ’n rol speel, asook die moontlikheid van verdere vlae van infeksies, beteken dat ons nog vir ’n wyle veiligheidsmaatreëls gaan moet volg – iets wat baie skole reeds goed regkry. Dit beteken egter nie dat kinders se opvoeding, sosiale ontwikkeling en welstand agterweë kan bly nie.”


Verklaring verskaf.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.