On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 24 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 95% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 95% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 97%, maar meer as die vyf jaar gemiddelde tempo van 92% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit- en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R9/ton laer verhandel om teen R3 390/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R13/ton laer verhandel om teen R3 525/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 95% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 95% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 98%, asook as die vyf jaar gemiddelde tempo van 96% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R55/ton laer gesluit vir die dag om teen R7 420/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 96% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 96% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 98%, en 1% minder as die 5 jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R17/ton hoër verhandel om teen R6 200/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.