On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Arts

Manlike identiteit onder loep in kragtige solospel

───   ELZETTE BOUCHER 11:10 Thu, 17 Jul 2025

Manlike identiteit onder loep in kragtige solospel | News Article

Ná sy onlangse debuut by die Innibosfees in Nelspruit maak Bloemfontein boorling Wilhelm van der Walt sy buiging by die Vrysstaat Kunstefees in ’n roerende solostuk, ‘Seun’, gebasseer op skrywer Dana Snyman se memoir.

Die produksie is aangepas vir die verhoog deur Johann Smith onder regie van Nico Scheepers. Dit vang die gees van ’n onstuimige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis vas asook die innerlike reis van ’n jong man wat homself probeer vind in die verwarring van diensplig en identiteit.

“Dis ’n memoir van hom waar hy net ’n deel in sy lewe vasvang net ná skool toe hy vir diensplig opgeroep is,” vertel Van der Walt. Die verhaal speel af net voor 1994, in ’n tyd van vrees, verwarring en politieke spanning.

In Seun word die hoofkarakter gekonfronteer met uiteenlopende definisies van wat dit beteken om “ ’n man” te wees. “In die play sê ek ook jy weet uit die grootmense se monde word daar vir my gesê hoe om 'n man te wees, maar dit maak nie sin vir hom nie… so hy moes so half deur die loop van hierdie boek en play homself vind.”

Van der Walt sê die kern van die stuk lê in selfaanvaarding: “Die man wees … dit kan nie net in ’n hokkie ingesit word nie. Dis eintlik maar net jou liefde vir jouself en jou aanvaarding van jouself.”

Hoewel die oorspronklike boek deur Snyman diep verweef is met herinneringe en stories uit daardie era, moes Smith en Scheepers die toneelstuk tot die mees betekenisvolle temas distilleer. Hulle het die kern van die boek gekry en net die groot temas uitgebeeld – veral die verhouding met hom en sy pa wat ’n groot tema in die boek ook is.

Die produksie is ook ’n huldeblyk aan ’n spesifieke tyd en plek: laat-1980’s in Pretoria, waar selfs die stad self as karakter figureer. Ná ’n insident waarin die hoofkarakter ’n korporaal aanrand, beland hy in “Saal 25” – die weermag se psigiatriese eenheid. “Hy is uit die army uitgeskop en sy groot probleem was dat hy toe nie werk kon kry nie.”

As akteur kon Van der Walt aanklank vind by die storie se universele temas. Hoewel hy self nog ’n kind was toe die gebeure plaasgevind het, sê hy: “Ek onthou net die heeltyd hierdie ‘kind of white noise’ om my, jy weet, wat ek nie verstaan het nie … nou het ek van so baie goed geleer wat ek net nie verstaan het daai tyd nie.”

Wat die produksie selfs meer spesiaal maak, is dat Seun Van der Walt se eerste eenmanstuk is. “Dit is nou al so twee jaar wat ek vir myself sê ek sal graag ’n eenpersoonstuk wil doen, maar ek is nie ’n skrywer nie.”

Toe die vervaardigers hom nader het hy het egter een voorwaarde gestel: Hy wil sy eie regisseur kies. “Ek gaan nie my eerste eenpersoon doen met iemand wat ek nie ken nie.” Toe stem Scheepers in en so het die kreatiewe proses begin. 

“Dit was maar omtrent ’n maand van woorde leer en toe het ons probeer lewe gee aan die ding.”

Van der Walt, wat deesdae in die Kaap woon, het steeds diepe verbondenheid aan die Vrystaat. Hy glo daar is iets uniek aan die mense wat daarvandaan kom en deel hoe die omgewing hom gevorm het – van sy dae in die Bloemfontein Kinderkoor tot sy voorgraadse studies aan Kovsies. “Daar het jy ontsettende werksetiek geleer.”

Vir Van der Walt is daar nie meer omdraaikans as dit by sy loopbaan kom nie. “Ek het nou dié gekies en dit is waarvoor ek lief is en ek gaan dit doen tot ek doodgaan.”

  • Seun is te sien in die kykNET Scaena-teater op 17 Julie om 20:00, en weer op 18 Julie om 10:00.

OFM is ’n trotse mediaborg van die Vrystaat Kunstefees.

OFM cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.