On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST-Landbounuus om 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:12 Tue, 13 Nov 2018

PODCAST-Landbounuus om 13:30  | News Article

Organisasies soos onder meer Agri SA, oorweeg nou heelwaarskynlik om 'n hersieningsaansoek teen die eksplorasie van olie en gas in sekere provinsies in te dien.


Dit kom nadat die waarnemende Minister van Omgewingsake, Derek Hanekom, verlede week altesaam 39 individue en organisasies se besware, teen Rhino Oil & Gas se eksplorasieregte op sowat 2,4 miljoen hektaar grond, insluitend landbouground, van die hand gewys het. Dié grond strek oor Noordwes, die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, en Rhino Oil & Gas het omgewingsmagtigings daarvoor van die Departement van Minerale Hulpbronne ontvang.  Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, Janse Rabie, sê Hanekom se besluit is teleurstellend. 

Hy sê daar is steeds baie onduidelikhede, veral rondom die beskikbaarheid van water vir dié doel-eindes. 

Hy sê Hanekom het nie voerige verduidelikings in dié verband gegee nie, en gegewe vorige hofbeslissings mag sy besluit op hersiening geneem word.


Die pluimveegroep, Country Bird Holdings, (CBH) het die landboumaatskappy, NWK, se hoender- en veevoerbesighede gekoop. NWK se hoofuitvoerende beampte, Theo Rabe, sê CBH het dié besighede, gesamentlik bekend as Opti Agri, as 'n lopende saak teen R296,4 miljoen gekoop. Hy sê dié bedrag sal later aangepas word vir sekere bedryf-bates en laste wat nie deur CBH oor-geneem is nie. 

Volgens Rabe het NWK sy sakestrategie heroorweeg ná CBH se aanbod, en sy direksie en bestuur het sekere faktore in ag geneem met dié besluit. Dié groep gaan hom nou meer toe-spits op sy kernbesigheid. 

Die oorname het vandeesmaand in werking getree en het tot geen werksverliese gelei nie. CBH is 'n geïntegreerde pluimvee-en-veevoer-ondermening, en het ook pluimveeteel- braaihoender- en veevoerbedrywighede in Suider-Afrika.  

EN

Die polisie se landelike veiligheid strategie kom Woensdag in die Parlement onder die loep, wanneer die portefeuljekomitee oor polisie 'n openbare verhoor hou.

Francois Beukman, voorsitter van dié komitee, sê dit is van kritieke belang om dié bestaande strategie te ondersoek en om vas te stel, of meer hulpbronne aan polisiekantore, wat prioriteite is,  toegeken moet word. 

Die implementering van dié strategie by landelike en semilandelike polisiekantore sal ook ondersoek word. Organisasies soos die African Farmers Association of South Africa (AFASA), Agri SA en Cosatu, sal insette lewer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.