On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Swaarmoedige naweek in VS

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:33 Tue, 18 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Swaarmoedige naweek in VS | News Article
Marleen Smith

Dit was 'n swaarmoedige naweek vir die Vrystaatse landbougemeenskap. Twee broers van die Hoopstad-gebied het Maandagoggend verongeluk, terwyl 'n landbou-joernalis, Marleen Smith, in haar meenthuis in Bloemfontein dood is.


Stephan en HC de Bruyn, albei in hul vroeë twintigs, was van hul familie-wildsplaas na hul ouerhuis op 'n ander plaas op pad. Jaap van der Westhuizen, 'n goeie vriend van die familie, sê polisielede het op die toneel afgekom. Die broers het vermoedelik beheer oor hul bakkie verloor waarna dit in die veld omgeslaan het. Van der Westhuizen, wat in die distrik Sasolburg en Koppies boer, het die broers se ouers, Herman en Charleen, Maandag besoek. Hy sê hulle is platgeslaan en dit is hartverskeurend dat hulle hul enigste twee kinders aan die dood moes afstaan. Stephan het saam met sy pa geboer en HC het veeartsenykunde in Namibië gestudeer.

Daarmee saam kom die dood van 'n voortvarende Bloemfonteinse landboujoernalis, Marleen Smith, as 'n groot skok in landbougeledere. Die 47-jarige Smith se lyk is Sondagmiddag in haar meenthuis in die stad gekry. Dit kom nadat haar familielede haar nie telefonies oor die naweek in die hande kon kry nie. Landbouweekblad se redakteur, Chris Burgess, sê Smith se dood is 'n groot verlies vir dié tydskrif waaraan Smith vir jare  verbonde was. Hy sê Smith was 'n begaafde en talentvolle joernalis. Die oorsaak van Smith dood is steeds onbekend. Volksblad, waar Smith haar loopbaan in Bloemfontein as joernalis begin het, en waar sy ook haar gewese man, Charles Smith - dié dagblad en Netwerk24 se nuushoof - ontmoet het, berig sy het vermoedelik geval. Smith het ook op 'n vryskutbasis vir OFM landbounuus gelewer.

EN

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, het in samewerking met regslui prosedures ontwikkel om eienaars te ondersteun, wie se eiendomme deur die grondeisekommissaris in die Staatskoerant gelys is. Die betrokke boere sal hulp ontvang om vir moontlike hofgedinge voor te berei. Saai se Francois Rossouw sê daar was oor die afgelope weke ’n skerp toename in die aantal grondeise wat in die Staatskoerant voorkom. Hy sê grondeienaars van oor die land heen is onseker hieroor en daar is ook ’n afplatting in belegging en ontwikkeling op die geraakte eiendomme.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.