On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nuwe tegnologie téén renosterstroping

───   10:44 Mon, 19 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Nuwe tegnologie téén renosterstroping | News Article

Meer as 1 000 renosters word jaarliks vir hul horings in Suid-Afrika gestroop.


Dié statistieke van die internasionale organisasie, Save the Rhino, was die nodige inspirasie vir SP le Roux, uitvoerende hoof van Rouxcel Technology, om innoverende nuwe tegnologie as voorkomingsmaatreël vir dié ernstige probleem in die land te ontwikkel. Le Roux, wat onlangs sy doktorsgraad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch (US) verwerf het, sê hy is passievol oor natuurbewaring en wou 'n teenstropingstrategie ontwikkel wat waardevolle data oor die gedrag van die renosters verskaf. Le Roux het 'n outomatiese gedragsklassifikasiestelsel, wat op die dier gedra word, ontwikkel. Hy meen sy stelsel is meer prakties en het 'n kleiner ontwerp met 'n langer batterylewe. Dit maak gebruik van intydse data sowel as inligting of kunsmatige intelligensie om die renosters se gedragspatrone vas te stel. Dié inligting word na 'n beheerkamer gestuur en dien as waarskuwing dat daar afwykings in die diere se gedragspatrone is.

EN

Die Internasionale Organisasie vir Ekonomiese Ontwikkeling se onlangse verslag dui aan dat daar 'n styging in die behoefte aan rooivleis oor die wêreld heen is. Dit bevat egter ook 'n potensiële waarskuwing vir Suid-Afrika se rooivleis-produsente. Roelie van Reenen, hoof van die bestuursketting by Beefmaster, sê dié verslag toon daar is hoër rooivleis produksiesyfers vanuit verskeie lande en as Suid-Afrika se rooivleisprodusente nie hul produksiemetodes kan verander nie, gaan Suid-Afrika minder kompeterend in die wêreldmark wees. Hy sê plaaslike produsente sal produksiekostes asook, die prys van rooivleis wat uitgevoer word, in ag moet neem. Van Reenen sê ook in lande soos Australië en Amerika is daar 'n verhouding in die ketting van vleisverskaffing, van die boer tot die voerkraal, tot die verpakkingshuis en die verbruiker. Dit is nie die geval in Suid-Afrika nie. Hierdie tipe produksiemetode kan daartoe lei dat beter produksiesyfers verkry kan word, wat Suid-Afrika dus meer kompeterend kan maak.



OFM-nuus/Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.