On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister stel hulpbronprogram bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:11 Fri, 18 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Minister stel hulpbronprogram bekend | News Article
Gwede Mantashe

Die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwende Mantashe, het die regering se Geïntigreerde Hulpbronplan (IRP2019), wat Donderdag deur die kabinet goedgekeur is, bekendgestel.


Netwerk24 berig steenkool vorm steeds deel van die land se toekoms in terme van energie, en sal steeds 59% van die totale vraag na krag lewer, hoewel die opwekkingsvermoë daarvan sal verlaag namate kragstasies sluit. Mantashe het met die bekendstelling gesê dié plan maak voorsiening vir 'n nuwe kernkrag op 'n kleiner, modulêre skaal, wat bekostigbaar is vir die land, maar dit is nie in die nabye toekoms nie. Die IRP maak voorsiening vir verspreide kragopwekking wat ruimte sal skep vir beleggings in klein projekte soos biomassa, medekragopwekking of kleiner hidrokragstasies.  

Die gebruik van sonkragenergie is 'n oplossing vir Suid-Afrikaanse boere om Eskom as 'n hoofbron van kragvoorsiening uit te skakel. Dit is volgens die Transvaalse Landbou-unie, oftewel, TLU SA, se president, Louis Meintjes, nadat die instelling van beurtkrag weer 'n werklikheid vir Suid-Afrikaners geword het. Meintjes meen om sonkragenergie op plase aan te skaf is deesdae meer bekostigbaar. Meintjes sê boere het nou geen keuse as om selfonderhoudend te wees nie, omdat die instelling van beurtkrag 'n reuse impak om produsente het. Hy sê Eskom se tydsberekening met die onlangse toepassing van beurtkrag is uit, omdat produsente in dié heersende droogte- en hittetoestande hul besproeiingstelsels skeduleer, om hul gewasse nat te maak.

Die voormalige LUR vir Finansies in die Vrystaat, Elsabè Rockman, wat ook voorheen die direkteur-generaal in die voormalige premier, Ace Magashule se kantoor was, het aan die Zondo-kommissie van Ondersoek na Staatskaping, erken die Gupta-familie was bekend in provinsiale regeringstrukture. Sy is glo self deur Magashule gevra om in 2010 namens hom met Rajesh Gupta te vergader. Rockman het erken die provinsiale regering het van sekere prosesse afgewyk toe 'n kontrak met die Guptas aangegaan is om in hul koerant, The New Age, te adverteer. In haar getuienis oor die omstrede Vrede-suiwelprojek, wat deur die Gupta-beheerde maatskappy, Estina, bestuur is, het sy erken die provinsiale regering was bewus van sommige bedryfsuitdagings, maar dit was die provinsiale landboudepartement se verantwoordelikheid. Sy het getuig daar was slegs 'n paar koeie op die plaas toe sy en haar span dit in Mei 2013 besoek het. Dit, ondanks R114 miljoen wat reeds aan die projek betaal is.

EN

Intussen sê die leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankiesohn, dit wil voorkom of plaaslike landbouprojekte deur die regering slegs daarop gemik is om ander betrokkenes, en nie die werklike begunstigdes, te bevoordeel.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.