On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

LANDBOU-PODCAST: Agri Noord-Kaap reik uit na plaaswerkers

───   08:52 Thu, 16 Jan 2020

LANDBOU-PODCAST: Agri Noord-Kaap reik uit na plaaswerkers | News Article

Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het die aankondiging dat dié provinsie deur die regering as 'n rampgebied verklaar is, met ope arms verwelkom.


Jansen het aan OFM se Martin van der Merwe op die Big Breakfast-program gesê dit is verblydende nuus, sienende daar al vir 'n geruime tyd gepoog word om die rampverklaring 'n werklikheid in die Noord-Kaap te maak. Jansen sê dit gaan daartoe lei dat die landboubedryf nou aanspraak op regeringshulp kan maak.

Jansen hoop egter nie die verlede herhaal homself nie met betrekking tot dié rampverklaring waartydens die regering gesloer het daarmee. Volgens hom gaan die verklaring na verwagting vandag in die Staatskoerant gepubliseer word.


Sien onderstaande PODCAST


OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos  Agri Noord-Kaap,  is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.