On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Gebiede in die Noord-Kaap kry reën, veld begin herstel

───   07:14 Fri, 28 Feb 2020

Gebiede in die Noord-Kaap kry reën, veld begin herstel | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Donderdag praat Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, met Gerben van Niekerk van OFM se Big Breakfast oor die droogtesituasie in die Noord-Kaap.


Hy sê, geïsoleerde  reën in droogtegeteisterde dele van die Noord-Kaap soos die Boesmanland bring verligting aan boere in dié provinsie, wat swaar gebuk gaan onder die voortslepende droogte. 

Jansen meen dié  reën, wat kol-kol voorkom, word met ope arms verwelkom en is waardevol vir die herstel van veld. 

Daar is egter steeds groot uitdagings vir boere wat tydens die droogte hul veekuddes aansienlik verminder het om te oorleef. 

Volgens Jansen kan boere wisselbou toepas, maar  opvolgreën is broodnoidg, sodat die natuur vinniger kan herstel. teenoor die trant wat diere veld gebruik. Dit is juis daarom dat dié organisasie in samewerking met GWK en Landbouweekblad op 6 Maart 'n  inligtingsdag in Prieska aanbied.

Dit is die tweede droogtehersteldag wat aangebied word. 


Sien onderstaande PODCAST


Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos  Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.