On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA wil regering druk vir droogteramphulp in veral NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:23 Fri, 15 May 2020

Landbounuus-podcast: Agri SA wil regering druk vir droogteramphulp in veral NK | News Article

Agri SA oorweeg nou drastiese stappe om druk te plaas op die regering ten opsigte van droogteramphulp, veral in die Noord-Kaap.


Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê R300 miljoen is in Januarie vanjaar deur die minister van die Departement van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings, Lindiwe Sisulu, beskikbaar gestel vir droogteramphulp, maar dit het plaasgevind voor die nasionale rampverklaring. Die Noord-Kaap is dieselfde dag wat Sisulu dié regeringsramphulp aangekondig het, op 'n provinsiale grondslag as 'n droogterampgebied verklaar, eers daarna het die nasionale rampverklaring plaasgevind. Jansen sê die Noord-Kaap het sedertdien nog geen ramphulp in dié verband ontvang nie. Hy sê daar is provinsies wat hulp ontvang het en van dié provinsies se droogtesituasies is nie so ernstig soos die Noord-Kaap s'n nie. Hy sê prossesse met betrekking tot die regering se droogteramphulp gaan in die toekoms geraak word op grond van wat die situasie nou is ten opsigte van die nasionale droogterampverklaring. Geen aksie word in die stadium deur die regering geneem om hulp te verleen nie, nadat daar vir baie lank gestoei is om dié rampverklaring in plek te kry en aan rampbestuurswetgewing te voldoen.

Daarmee saam het Engen en Agri SA nou hande gevat om droogtehulp aan Suid-Afrikaanse boere te verleen. Dié organisasie se ramprisiko-bestuurder, Andrea Campher, sê daar is landbougemeenskappe wat ernstig geraak wod deur erge droogtetoestande en daarom het Engen, in samewerking met Agri SA, besluit om deur die verkoop van produkte 'n bydrae tot Agri SA se Droogtehulpfonds te maak. Sy sê daar is ooreengekom dat vir elke liter olie wat oor die land heen verkoop word, R1 tot dié organisasie se droogtefonds bygedra sal word.

EN

Daarmee saam moedig OFM alle luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulp-projekte wat ten doel het om landbou-gemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogte-situasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus, volg die hutsmerk #LandbouHoop.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.