On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Saai vra uitsluitsel oor landboufonds

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:47 Wed, 03 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Saai vra uitsluitsel oor landboufonds | News Article

Die organisasie vir familieboerderye, Saai, se regspan het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling genader rakende die Covid-19-landbourampondersteuningsfonds.


Die organisasie vir familieboerderye, Saai, se regspan het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling versoek om skriftelik te bevestig wanneer prosesse rondom die Covid-19-landbourampondersteuningsfonds, ter waarde van R1,2 miljard, afgehandel sal wees. Dit is volgens Francois Rossouw, uitvoerende hoof van dié organisasie, nadat aansoeke vir dié fonds reeds op 22 April gesluit het. Landbouminister, Thoko Didiza, het in Mei aangekondig meer as 15 000 aansoeke ter waarde van meer as R500 miljoen van dié fonds, is goedgekeur. Sy het aangedui alle aansoeke sou in die week van 17 Mei gefinaliseer word en die uitreiking van kwitansies sou 'n dag daarna begin. Rossouw sê sedertdien is van Saai se lede se aansoeke afgekeur. Dit sluit onder meer gestremde boere, gemeenskapsboere en kleinskaalse boere van alle ouderdomme, rasse en geslagte in. Daar is ook Saai-lede wat nog geen terugvoer van die departement ontvang het nie. Rossouw sê indien die departement versuim om te reageer op sy versoek sal daar voortgegaan word met verdere aksie.

Intussen sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, dit sal 'n enorme verskil maak indien die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Covid-19-hulpfonds aan die hele landboubedryf beskikbaar is. Hy sê in fase een van dié hulpverlening met 'n totale waarde van R1,2 miljard was daar meer as 8 800 aansoeke in die Noord-Kaap gewees. Daarvan was meer as 7 400 onsuksesvol, terwyl slegs meer as 1 400 suksesvol was. Dié Covid-19-landbourampondersteuningsfonds was hoofsaaklik gemik op opkomende boere. Jansen sê ook in die kommersiële bedryf is boere wat aan die voorgeskrewe vereistes vir dié hulpfonds voldoen, se aansoeke ook onsuksesvol gewees.

EN

Verskeie organisasies wil nou dringende stappe doen in 'n poging om die patrollering deur buurt- en plaaswagte in landelike gebiede te laat voortgaan. Dit kom nadat dit tydens vlakke 4 en 5 van die Covid-19-inperkingstydperk se regulasies nie toegelaat is nie. Ian Cameron van gemeenskapsveiligheid by AfriForum sê die burgerregteorganisasie en die familieboernetwerk, Saai, beoog om eerskomende Saterdag  'n versetpatrollie oor die land heen te hou ondanks heftige teenstand deur regeringsbeamptes teen buurtwagte en die funksie daarvan. Intussen vergader Agri SA ook oor stappe teen dié verbod.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.