On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

#NAMPO2022 voorwaar ’n belewenis

───   11:35 Mon, 16 May 2022

#NAMPO2022 voorwaar ’n belewenis | News Article
OFM-omroepers, Gerben van Niekerk en Yolanda Maartens, op die eerste dag van Graan SA se NAMPO Oesdag vir 2022.

Dis die 54ste aflewering van Graan SA se NAMPO Oesdag te NAMPO Park buite Bothaville.

OFM se Yolanda Maartens het Maandag, 16 Mei 2022, op die eerste dag van hierdie landmerk ekspo met Danie Minnaar, voorsitter van die Oesdag-komitee by Graan SA, gepraat.

Minnaar vertel dat sowat 70-duisend kaartjies reeds vir die gebeurtenis verkoop is en dat besoekers gou moet spring indien hulle vir nog byvoorbeeld Woensdag wil kaartjies kry.

Verder sê hy ook dat die gemeenskap ingespring het om die paaie om die terrein ’n bietjie meer begaanbaar te maak.

Dr. Pieter Taljaard, hoof uitvoerende bestuurder van Graan SA, sê dis ongelooflik om weer die buitelugskou te kan aanbied. Hy het ook heelwat raad vir besoekers om die meeste uit hul NAMPO-ervaring te put.

OFM's Yolanda Maartens with Grain SA's Dr Pieter Taljaard.

Die 2022-tema "Beleef dit!" is 'n uitnodiging aan die landboubedryf en die breë publiek om die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond eerstehands te ervaar.

In ooreenstemming met die nuut aangekondigde regulasies, sal die NAMPO Oesdag besoekers verwelkom wat voldoen aan die huidige vereiste regulasies naamlik ten volle ingeënt en in besit van 'n geldige inentingsertifikaat of ongeënt maar in besit van 'n geldige sertifikaat van 'n negatiewe COVID-19 toets, verkry nie meer as 72-uur voor ingang na die park nie.

Koop kaartjies by TicketPro.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.