On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Absa is jou vennoot deur tyd

───   09:35 Tue, 17 May 2022

Sponsored09:35 Tue, 17 May 2022
Absa is jou vennoot deur tyd | News Article

Gedurende die afgelope twee jaar was landbou die ster in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Soos die effek van die pandemie begin kwyn, is daar egter nuwe verwikkelinge in wêreldmarkte wat uitdagings vir die industrie na vore bring.

Hierdie sluit nie net die probleme tussen Rusland en die Oekraïne in nie,  maar ook die huidige Covid-19 golf in China wat globale vervaardiging en handel ontwrig.

Een van die direkte effekte op plaaslike produsente is dat die insetpryse skerp gestyg het. Dit sal die komende seisoene meer uitdagend maak. Uitdagings bring egter ook geleenthede. ‘n Voorbeeld hiervan is dat die duur kunsmis pryse produsente forseer om oor kunsmis se effektiwiteit te dink en te verbeter. 

Oor die langer termyn gaan klimaatsverandering en elkeen se bydrae om dit te beperk ‘n groot rol speel. Die effektiewe gebruik van kunsmis , ”doen minder met meer”,  is deel van die groter inisiatiewe rondom klimaat- en omgewingsbestuur.

Die bogenoemde skommelinge bevestig dat die enigste sekerheid is dat omstandighede sal verander. Absa verstaan dat jou behoeftes deur tyd verander en daarom is hulle geposisioneer om jou met verandering te help. 

Op 'n persoonlike vlak kan Absa help om die finansiële behoeftes van jou, jou gesin en jou nalatenskap te bestuur. Vir jou besigheid het Absa 'n span toegewyde spesialiste wat jou kan help om aktuele kwessies soos transformasie en klimaatsverandering te navigeer. 

Vir die toekoms is Absa ook baie opgewonde oor die nuwe potensiaal wat digitale tegnologie vir landbou en landbou finansiering bied,  en om hulle bankdienste aan jou meer effektief te maak. 

Absa is jou vennoot deur tyd en stel langtermyn verhoudings hoog op die prys.

Cyril Viljoen het met Abrie Rautenbach, hoof van Absa AgriBusiness, gepraat oor klimaatskwessies, hoe landbou finansiering van die toekoms lyk, en meer. Luister hier:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.