Africa News
Zimbabwe oorlogsveterane wend hulle tot die howe─── 16:21 Mon, 20 Nov 2017
Zimbabwe se oorlogsveterane het hulself nou tot die land se howe gewend in hul poging om President Robert Mugabe te verwyder.
Chris Mutsvanga, leier van die land se oorlogsveterane, sê hulle het vandag 'n hofaansoek ingedien, om Mugabe ongeskik vir sy pos te laat verklaar.
Mugabe het tot 12h00vanmiddag kans gehad om sy amptelike bedanking in te dien. Dit nadat hy gisteraand - ten spyte van verwagtinge - tydens ‘n toespraak op nasionale televisie, versuim het om te bedank. Lede van Zanu-PF word ook binnekort by die party se hoofkwartiere in Harare verwag, waar hulle hul planne om hom te verwyder sal bespreek.
Inwoners van Zimbabwe beplan intussen nog 'n protesoptog teen Mugabe se voortgesette bewind. Studente het ook vanoggend begin om eksamens te boikot en dring daarop aan eers eksamens te hervat na die president se bedanking. ‘n Inwoner – wat anoniem wil bly sê volgens ‘n kettingkennisgewing beplan inwoners ‘n tweede aksie en gaan na verwagting verskeie sakesentrums tot stilstand ruk.
- OFM-Nuus