On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Africa News

Mugabe wil kabinetsvergadering hou

───   CATHY DLODLO 15:19 Tue, 21 Nov 2017

Mugabe wil kabinetsvergadering hou | News Article

Zimbabwiese President, Robert Mugabe, het volgens berigte vandag in ‘n verrassende wending ‘n kabinetsvergadering geroep.


Dit terwyl inwoners asem ophou om te sien wat die regerende party gaan doen omtrent die president se weiering om te bedank. 

Die weermag het ‘n stille staatsgreep verlede week in dié land uitgevoer en aanduidings was dat ooreenkomste agter die skerm aangegaan is wat ondermeer die president en sy familie se veiligheid verseker in ruil vir sy vrywillige bedanking. 

‘n Landswye massa optog het ook gevolg waartydens inwoners hulle president se kop geëis het. Volgens berigte het hy eerder vanoggend versoek dat kabinetslede vergader, maar net drie ministers het dit egter gewaag om die vergadering by te woon, nadat die regerende ZanuPF aangedui het dat ministers uit die party gekors sal word as hulle die vergadering bywoon. 

Die party het na bewering gister daadwerklike stappe teen die president bespreek, wat na verwagting tydens ‘n sitting van die parlement gaan plaasvind.  

- OFM-Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.