On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

agri fokus

Sinkdak-simfonie

───   15:47 Thu, 19 Nov 2015

Sinkdak-simfonie | News Article

Jy ken seker daardie geluid - dit begin met ‘n enkele tik-tik-tik… Jou sintuie word oorweldig deur die reuk van nat grond… en dan begin die hemelse simfonie-orkes se pragtige dreuning op die sinkdak. Reën!

Op die Facebook-groep Landbou Sosiaal het iemand gesels oor hoe hulle hierdie week in die middel van die nag wakker geword het van die geluid van reën op die dak. Een groepslid het toe verwys na hoe hy steeds in spanning wag om daardie sinkdak-simfonie self te beleef.

Dit is ‘n gevoel wat nie beskryf kan word nie. Iets diep in jou binneste ontwaak wanneer daardie lang verwagte reën uiteindelik begin neerstort en jy met alle mag soos ‘n kind of ‘n uitbundige hond in die reën wil gaan rondhol. Jy weet seker wat ek bedoel, nê?

En so wag ek maar ook in spanning vir die hemelse deuntjie op ‘n sinkdak hier in Bloemfontein… laat dit tog asseblief net reën…

 

Foto: Facebook/Landbou Sosiaal

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.