On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

agri fokus

Vrystaat Landbou (VL) vra publiek se hulp om brande te voorkom

───   15:51 Mon, 12 Jun 2017

Vrystaat Landbou (VL) vra publiek se hulp om brande te voorkom  | News Article
Photo: Owen Kock

Die droogte is steeds vars in die landboubedryf se geheue en landbouers en die totale bedryf gaan nog jare neem om van die effek daarvan te herstel.


Miljoene is gespandeer om Vrystaatse landbouers by te staan met droogtevoer. Landboumaatskappye het hulle harte en beursies oopgemaak en skenkings gegee asook landbouers in verskeie gevalle in terme van krediet tegemoet gekom. Daardie krediet is egter nou tydens die herstelperiode betaalbaar, so die druk op landbouers en die bedryf is steeds aanwesig.


Volgens weervoorspellings deur Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, die afgelope paar maande, kan die ontwikkeling van nog ’n El Niño stelsel gesien word, met die uitkoms daarvan tans onseker. Landbouers is reeds vir weke, en sommige maande lank al besig om voorbereidings te tref vir die brandseisoen, veral aangesien die veld goed op reën gereageer het en daar dus baie gras en/of weiding is wat kan brand sou ’n brand ontstaan. Die behoud van dié weiding en/of gras is egter baie belangrik vir landbouers, veral in die lig van die onseker toestande in die komende seisoen.


Dit is teen dié agtergrond wat Vrystaat Landbou (VL) ’n ernstige versoek aan nie net landbouers rig om tydige voorbereidings te tref nie, maar ook aan lede van die publiek om nie brande te laat ontstaan nie.


“Met die droogte wat pas verby is en gegewe weervoorspellings van nog ’n El Niño weerstelsel wat moontlik in die 2017/18-seisoen kan voorkom, kan die Vrystaat nie tans nog ‘n ramp bekostig nie. Ons wil landbouers vra, beskerm asseblief jou veld, want ons weet nie wat volgende jaar kan gebeur nie. Ons wil bestuurders vra om nie sigaretstompies by voertuie uit te gooi nie, want dit kan gras aan die kante van paaie aan die brand steek. Verder vra ons asseblief dat die maak van oop vure sover moontlik beperk word, veral op winderige dae. So ’n oop vuur kan buite beheer raak en groot skade vir ’n totale gemeenskap veroorsaak,” aldus Henk Vermeulen, hoof uitvoende beampte van VL.


Verklaring: Vrystaat Landbou

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.