Agri Hour
Kroonstad-boer se pad na herstel ná veldbrand was lank en uitdagend─── CHRISTAL-LIZE MULLER 13:48 Tue, 01 Oct 2019

‘n Vrystaatse boer, wat verlede jaar erge brandwonde oor ‘n groot gedeelte van sy lyf opgedoen het en vir etlike maande in ‘n Gautengse hospitaal behandeling ontvang het, is vol lof vir die mediese personeel wat hom behandel het.
Die 66-jarige Mof Myburg van die plaas Panorama by Kroonstad sê hy was vir drie maande in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se waakeenheid nadat hy op 6 September verlede jaar, nog dieselfde dag wat hy brandwonde opgedoen het, in dié hospitaal se brandeenheid opgeneem is. Myburgh was 42 dae onder sedasie waartydens hy 18 operasie ondergaan het. Hy sê die afsondering waarin hy geleef het in die hospitaal se waakeenheid was uitdagend en ‘n unieke ondervinding, wat hy geensins wil herleef nie.
Myburgh het verlede jaar gaan help om ‘n veldbrand sowat 10km van sy plaas af te bestry. Hy sê daar was baie boere met hul vuurvegters. Hy het in ‘n pad gestaan en na ‘n ander boer gestap om hom te waarsku teen die brand wat in sy rigting beweeg het. Myburgh is toe self onverhoeds betrap deur die brand toe die wind, wat baie sterk gewoed het, skielik van rigting verander het. Myburgh sê hy het geweet hy bevind hom nou in ‘n moeilike situasie en het besluit om sy hoed oor sy gesig te plaas en deur die brand te hardloop.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Myburgh gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus