On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wynbedryf kan nie verlengde verbod bekostig nie

───   ELSABÉ RICHARD 17:33 Tue, 12 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Wynbedryf kan nie verlengde verbod bekostig nie | News Article

Die wynbedryf kan nie die verlenging van die verbod op alkoholverkope bekostig nie. Dit is volgens Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Strydom het sy kommer uitgespreek nadat president Cyril Ramaphosa Maandag aangekondig het dat die verkoop van alkohol steeds nie toegelaat word nie. Strydom sê die organisasie is teleurgesteld dat die regering die roete van ‘n totale verbod gevolg het, in plaas van 'n gedifferensieerde benadering ten opsigte van alkoholverkope. Hy voeg verder by dat voorstelle wat die wynbedryfliggaam Vinpro aan die einde van Desember 2020 aan die regering voorgelê het, blykbaar ook nie deur die regering oorweeg is nie. Die wynbedryf het reeds aansienlike finansiële- en werkverliese gely tydens die eerste en tweede verbod op alkoholverkope in 2020. Strydom meen dat die verlenging van die verbod die finansiële oorlewingsvermoë van baie wynprodusente verder onder druk plaas. Hy sê alhoewel Agri Wes-Kaap die druk verstaan waaronder die gesondheidsorgstelsel verkeer, trek die landbousektor aan die kortste ent weens die gedrag van die algemene publiek.

Goeie reënval oor groot dele van die land en panne water waar muskiete uitbroei en vermeerder, skep gunstige omstandighede vir die oordrag van die slenkdalkoorsvirus deur Aedes-muskiete. Luidens Landbouweekblad word vee-eienaars aangemoedig om hul vee teen dié virus in te ent. Die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF) en die dieregesondheidsmaatskappy Afrivet sê dit is nie eens nodig om die belangrikheid van slenkdalkoors as ’n gevaarlike siekte te beskryf nie. Die virus maak verskeie soorte diere siek. Skape word die ergste aangetas, maar bokke, beeste en selfs buffels kan die siekte opdoen. Die NDGF en Afrivet se tegniese span sê mense kan ook besmet raak, hoofsaaklik wanneer ’n mens ’n siek of dooie dier hanteer. Die laaste geval van slenkdalkoors in Suid-Afrika is in Mei 2018 by Jacobsdal in die Vrystaat aangemeld.

EN

Veiligheid is net een van die uitdagings wat boere in Noordwes in die gesig staar. Dit is volgens Agri Noordwes se president, Willem De Chavonnes Vrugt. Hy sê dat Agri Noordwes vanjaar op veiligheid sal fokus, sowel as ander kwessies waarmee die boerderygemeenskap worstel. Goeie vordering is in 2020 gemaak deur strukture in plek te stel met betrekking tot veiligheid. De Chavonnes Vrugt sê die organisasie bou ook ‘n verhouding met die plaaslike polisie om misdaad te help bekamp.




OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.