On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nat weer belemmer oesproses - Graan SA

───   ELSABÉ RICHARD 11:35 Wed, 13 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Nat weer belemmer oesproses - Graan SA | News Article

Alhoewel die meeste van die gewasse reeds klaar geoes is, sukkel sommige produsente om klaar te oes weens nat weer.

Dirk Strydom, hoof van graan-ekonomie en -bemarking by Graan SA, sê voortdurende reënval kan negatiewe gevolge hê vir boere wat nog oes en moet plant.  Strydom verduidelik dat vog boere wat nog koring op die lande het sal belemmer om te oes. Daarmee saam het nat toestande ook ‘n beduidende impak op die gradering van die koring sê hy. Boere is ook tans besig om nuwe gewasse soos mielies, sojabone en sonneblomme te plant. Strydom voeg by dat daar reeds versuipskade in sekere gebiede is waar boere moes oorplant en in ander gebiede het nat toestande boere verhoed om oor te plant. Dit kan gevolglik tot finansiële verliese lei.

EN

Dr. Faffa Malan, ‘n bekende veearts, sê inenting sal diere beskerm teen die slenkdalkoorsvirus. Hy deel dat hierdie virus aborsies by diere kan veroorsaak sowel as blindheid by mense. Malan verduidelik dat die slenkdalkoors ‘n virussiekte is wat oorgedra word deur veral die Aedes-muskiet, gewoonlik ná reënval. Hy noem dat die laaste uitbraak in Mei 2018 in Jacobsdal in die Vrystaat aangemeld is. Hy maan boere om diere, wat nog nooit ingeënt is nie, nou die entstof toe te dien - aangesien hierdie muskiete nou aktief is




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.