On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Speenkalwers en vetkoeie nog skaars

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 14 Jan 2021

Speenkalwers en vetkoeie nog skaars | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. 

Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Hier is Derksen...

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê vetkoeie is nog steeds skaars en soos die somer aangaan, sal daar meer van hierdie koeie beskikbaar wees. Derksen herinner boere ook dat speenkalwers gedurende dié tyd van die jaar skaars is en hulle sal eers gedurende speentyd meer word. Hy raai boere aan om nou oortollige speenkalwers - en sodra koeie vet is – hulle te verkoop voordat pryse dalk daal.

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,22 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,51 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,30 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,42 per kg
B-klas beeste
R24,77 per kg
C-klas vet koeie
R24,05 per kg
Maer koeie
R18/R20,15 per kg
Slagbulle
R25,30 per kg
Skape

Stoorlammers
R40,07 per kg
Slaglammers
R36,00 per kg
Stoorskape
R33,18 per kg
Vetskape
R32,09 per kg
Bokke

Lammers
R45,12 per kg
Ooie
R34,88 per kg

 

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.