On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wêreldekonomieë kan wolmark versterk

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 15 Jan 2021

Wêreldekonomieë kan wolmark versterk | News Article

Ekonomieë regoor die wêreld behoort te stabiliseer met die Covid-19 entstof wat beskikbaar gestel is.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat die Chinese Nuwejaarsvieringe egter die wolmark moontlik sywaarts kan laat beweeg. 

Hy sê die versterking van wêreldekonomieë in die komende jaar kan egter ook 'n stabiliserende en versterkende effek op die wolmark tot gevolg hê. 

Hier is Victor…

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 1,6% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Victor sê dit word weerspieël in die meer as 30% van die aanbieding wat bestaan uit RWS gesertifiseerde wol. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 20 Januarie 2021.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.