On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Skatting van skadereënskade in VS nog nie moontlik - LUR

───   ELSABÉ RICHARD 14:08 Tue, 19 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Skatting van skadereënskade in VS nog nie moontlik - LUR | News Article
Vrystaat Landbou LUR William Bulwane

Dit is nog nie moontlik om 'n skatting te doen van die skade wat aangerig is as gevolg van swaar reënval in die Vrystaat nie.

Dit is volgens die provinsiale LUR vir Landbou, William Bulwane, wat Dinsdag tydens 'n virtuele mediakonferensie ingrypings deur die departement bekend gemaak het. Bulwane het verder gedeel dat die departement nie 'n ramp kan verklaar nie. Hy sê slegs die departement van samewerkende regering en tradisionele sake kan 'n ramp verklaar. Daarmee saam het verskeie provinsiale departemente ingegryp om hulp te verleen. Bulwane het boere ook opnuut gewaarsku oor die moontlike uitbraak van slenkdalkoors.

Die eerste prioriteit in die Vrystaat is onbegaanbare paaie. Dit kom nadat swaar reën erge skade aan brûe en paaie in die provinsie aangerig het. Volgens Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), het die organisasie Dinsdagoggend met die Provinsiale Departement van Polisie en Paaie vergader waar daar na maniere gekyk is om paaie in die provinsie te herstel. Armour sê VL gaan Woensdag terugvoering aan die departement gee oor watter paaie voorkeur moet kry. Hy voeg by dat daar reeds boere in sekere gebiede is wat self paaie begin herstel het.

EN

'n 77-jarige plaasvoorman is in die hospitaal in Zastron in die Vrystaat opgeneem nadat drie aanvallers hom oorrompel, aangerand en met messe gesteek het. Volgens Vrystaat Landbou (VL) was Simon Makhotha Sondagaand die slagoffer van ? plaasaanval op Harrisdale in die Zastron-gebied. Die organisasie sê die aanvallers het gepoog om Makhotha in die septiese tenk van die plaashuis te verdrink nadat hulle etlike besittings geplunder het. Makhotha het teen dagbreek daarin geslaag om homself te bevry. Hy is deur die buurman se werkers gevind. VL veroordeel die plaasaanval ten sterkste en hoop dat Makhotha volkome sal herstel en dat die polisie die aanvallers spoedig sal vastrek. Intussen sê Tommie Esterhuyse, visepresident van VL, is daar Maandag reeds met gesprekvoering met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) begin rakende die gebrek aan implementering van die Nasionale Landelike Beveiligingstrategie (NLBS).




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.