On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogtehulp: 24-uur hulplyn vir emosionele steun

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 20 Jan 2021

#Droogtehulp: 24-uur hulplyn vir emosionele steun  | News Article
Foto: facebook.com/CaritasCommunityFocus

Boere en gemeenskappe wat emosionele ondersteuning, sowel as humanitêre hulp benodig, word herinner aan ‘n 24-uur hulplyn wat hierdie ondersteuning kan bied.

Die voorsitter van die ad-hoc-taakspan, gemeenskapversorging, ds. Kobus van Tonder, sê hierdie hulplyn is gestig om emosionele ondersteuning te bied aan diegene wat weens die groot impak van die voortslepende droogte emosionele hulp benodig. 

Hier is Van Tonder…

Sien onderstaande PODCAST

Van Tonder, wat ook as predikant by NG Kerk Vanzylsrus dien, verduidelik dat individue ook pastorale hulp op hierdie lyn kan ontvang.

OFM-nuus het vroeër berig dat mense in verafgeleë gebiede in die Noord-Kaap geïsoleerd is en emosionele ondersteuning benodig weens die groot impak wat die voortslepende droogte op hulle gemoedere het. Hierdie individue het iemand nodig om aan hulle perspektief te gee en by wie hulle kan ontlaai.

Dié noodnommer, sê Van Tonder, word 24-uur beman en word deur die Caritas-gemeenskapfokus se terapiesentrum ondersteun. Dié hulplyn fokus op pastorale hulp, psigiese versorging van individue, terwyl daar ook 'n mate van humanitêre hulp verleen word.

Die nommer is 083-415-1484.

Daarmee saam fokus hierdie taakspan ook om droogtehulp te verleen aan boere in nood in die provinsie. Van Tonder sê hulle het tot op hede sowat R3.9 miljoen ingesamel en versprei. Hy voeg by dat die taakspan hoofsaaklik met gemeentes in droogtegeteisterde gebiede gewerk het om humanitêre hulp te verleen.

"Ons het ook 'n groot impak gehad op die studente-droogtehulpfonds, waar ons ook fondse soontoe geskuif het. Ons het ook fondse na Agri Noord-Kaap geskuif wat ook baie nou met ons saamgewerk het, en ook op hulle advies rondom die droogtegeteisterde gebiede hulpverlening gedoen," verduidelik Van Tonder.

Diegene wat ‘n geldelike skenking wil doen, kan van die onderste bankbesonderhede gebruik maak:

Naam van rekening: NG Kerk Noord-Kaapland

Absa, Tjekrekeningnommer: 940580684

Takkode: 500902

Verwysing: Jou naam en die woord droogtehulp



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.