On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 20 Jan 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge hoofsaaklik in die rooi afgesluit wat betref meeste van die wit- en geelmieliekontrakte wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R56/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 111/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton laer verhandel om teen R3 237/ton te sluit.


Sojabone:

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge swakker geëindig oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 957/ton te sluit.


Koring:

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en verhandel in die rooi oor al die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 het R58/ton laer verhandel en gesluit teen R5 296/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.