On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rapportering oor silovoorrade in die kollig

───   ELSABÉ RICHARD 13:40 Wed, 20 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Rapportering oor silovoorrade in die kollig | News Article

Die JSE het onlangs bevind dat 'n landboumaatskappy die rapporteringsreëls oor silovoorrade oortree het.

NWK berig daar word beweer dat landboumaatskappye graan verkoop wat hulle nie in voorraad het nie, pryse manipuleer, kunsmatige tekorte skep en dat die JSE en Suid-Afrikaanse Graan-inligtingsdiens (Sagis) nié gereelde oudits doen om te bevestig dat silosertifikate wat uitgereik word, wel met die werklike hoeveelhede ooreenstem nie. Nico Pieterse, senior bestuurder van Graan by NWK, sê die organisasie is verbind tot die deursigtigheid van sy silo-voorrade en -werksaamhede en verwelkom die gereelde oudits wat onder meer deur die JSE en Sagis onderneem word. Interne oudits word twee maal per jaar by NWK se silo’s uitgevoer en PwC onderneem ook elke jaar 'n oudit. Pieterse verduidelik verder dat oudits nie by silo’s stop nie. Hy sê meulenaars moet ook die hoeveelhede wat hulle aangekoop het, bekend maak. Die hele waardeketting word aan oudits onderwerp en daar is gedurig kruisverwysings wat enige ongerymdhede met silosertifikate sal uitwys.

Die storm oor die aktiewe bestanddeel ivermektien as ’n middel teen Covid-19 woed voort met dreigende hofsake. Landbouweekblad berig kenners spreek hulle vír en téén die middel uit, terwyl die owerheid volhou dit bly in Suid-Afrika onwettig vir menslike gebruik. Intussen het tekorte op baie plekke ontstaan aan middels wat ivermektien vir diere bevat. Op die swartmark het die prys tot vyfvoudig toegeneem. Die
middels word al jare lank gebruik om wurms en parasiete by diere te bestry en in baie ander lande is dit ook vir menslike gebruik geregistreer. Dr. Alan Kloeck, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Organisasie vir
Dieregesondheid (SAAHA), glo egter nie dat die tekort tot ’n krisis in dieregesondheid sal lei nie, aangesien hy glo die tekort slegs tydelik sal wees. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) hou vol dat daar geen bevestigende data of kliniese bewyse is dat ivermektien vir die behandeling van Covid-19 gebruik kan word nie.

EN

'n Boer uit die droogtegeteisterde Boesmanland-streek in die Noord-Kaap sê hy het sowat 6mm reën op sy plaas gemeet. Lionel Cloete, wat in hierdie stadium net kernkuddes besit nadat die agt jaar lange droogte sy tol geëis het, sê ander gebiede in dié streek het tussen 30mm en 80mm reën gekry. Cloete het vroeër aan OFM-nuus gesê hy bly steeds hoopvol dat hulle reën sal kry.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.