On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Sterker Rand speel rol in wolmark se daling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 22 Jan 2021

Sterker Rand speel rol in wolmark se daling  | News Article
Foto: Wikimedia Commons

Die daling in die wolmark vandeesweek kan toegeskryf word aan die Rand se versterking teenoor die vernaamste geldeenhede.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat wêreldekonomië behoort te stabiliseer met die Covid-19 entstof wat beskikbaar gestel is. 

Hier is Victor…

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê verder dat die Chinese Nuwejaarvieringe ook egter die mark moontlik sywaarts laat beweeg. Daarmee saam sê Victor die versterking van wêreldekonomieë in die komende jaar kan egter ook 'n stabiliserende en versterkende effek op die wolmark tot gevolg hê.

Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 1% hoër in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Victor sê dit word weerspieël in die meer as 30% van die aanbieding wat bestaan uit RWS gesertifiseerde wol. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 27 Januarie 2021.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.