On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 22 Jan 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
Foto: Verskaf

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.

OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Sien onderstaande PODCAST

‘n Trop beeste, wat gestrand was by die Hennie Steyn-brug in die Vrystaat as gevolg van hoë watervlakke, is Sondag gered. Dit volg nadat voortdurende reënval in die provinsie daartoe gelei het dat riviere se watervlakke styg. Kaptein Kerneels Simes, bevelvoerder van die Bethulie Veediefstaleenheid, sê die Hennie Steyn-brug, wat oor sowat 1,1 km strek en tussen Bethulie en Burgersdorp geleë is, ervaar jaarliks oorstromings wanneer die Oranje- en die Caledon-riviere baie sterk vloei. Hy sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Bloemfontein se lugvleuel, die duikeenhede van Welkom én Bloemfontein, en die veediefstaleenheid van Bethulie, was betrokke by die reddingspoging.

Dit is nog nie moontlik om 'n skatting te doen van die skade wat aangerig is as gevolg van swaar reënval in die Vrystaat nie. Dit is volgens die provinsiale LUR vir Landbou, William Bulwane, wat Dinsdag tydens 'n virtuele mediakonferensie ingrypings deur die departement bekend gemaak het. Bulwane het verder gedeel dat die departement nie 'n ramp kan verklaar nie. Hy sê slegs die departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake kan 'n ramp verklaar. Daarmee saam het verskeie provinsiale departemente ingegryp om hulp te verleen. Bulwane het boere ook opnuut gewaarsku oor die moontlike uitbraak van slenkdalkoors.

Die eerste prioriteit in die Vrystaat is onbegaanbare paaie. Dit kom nadat swaar reën erge skade aan brûe en paaie in die provinsie aangerig het. Volgens Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), het die organisasie Dinsdagoggend met die Provinsiale Departement van Polisie en Paaie vergader waar daar na maniere gekyk is om paaie in die provinsie te herstel. Hy voeg by dat daar reeds boere in sekere gebiede is wat self paaie begin herstel het.

EN

'n Boer uit die droogtegeteisterde Boesmanland-streek in die Noord-Kaap sê hy het sowat 6mm reën op sy plaas gemeet. Lionel Cloete, wat in hierdie stadium net kernkuddes besit nadat die agt jaar lange droogte sy tol geëis het, sê ander gebiede in dié streek het tussen 30mm en 80mm reën gekry. Cloete het vroeër aan OFM-nuus gesê hy bly steeds hoopvol dat hulle reën sal kry.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.