On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Alle boere sal hulp ontvang - LUR

───   ELSABÉ RICHARD 11:44 Thu, 21 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Alle boere sal hulp ontvang - LUR | News Article
Vrystaat Landbou LUR William Bulwane

Alle boere, klein of kommersieel, sal hulp ontvang van die Vrystaatse departement van landbou.

Die LUR van die provinsiale departement, William Bulwane, het dit in antwoord op 'n vraag Dinsdag gegsê toe hy ingrypings deur die departement aangekondig het ná vloedskade in die provinsie. Bulwane sê 'n span van die departement is na alle betrokke plase gestuur om die omvang van die skade te bepaal, asook om vas te stel of boere versekering het - en wat hulle op hul plase verseker. Hy sê dit sal die departement help om die areas te identifiseer waarin die boer hulp nodig het.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen deel dat Namibië en Botswana tydelik uit die mark is. Derksen voeg ook by dat voerkrale in Suid-Afrika gekomplimenteer moet word vir die “pragtige uitvoermark wat hulle gestig het vir ons". Hy sê maer koeie is in hierdie stadium duurder as gevolg van goeie weidingstoestande. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,60 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,55 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,53 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.