On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verdagtes soek ná aanranding van VS plaas voorman

───   ELSABÉ RICHARD 13:55 Thu, 21 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Verdagtes soek ná aanranding van VS plaas voorman | News Article

Polisie in die Vrystaat is steeds op soek na verdagtes nadat 'n 77-jarige plaasvoorman Sondagaand op Harrisdale in die Zastron-gebied oorrompel, aangerand en met messe gesteek is.


Volgens Vrystaat Landbou (VL) was Simon Makhotha die slagoffer van 'n plaasaanval en is hy ná dié voorval in die hospitaal in Zastron  opgeneem. Die organisasie sê die aanvallers het probeer om Makhotha in die septiese tenk van die plaashuis te verdrink nadat hulle etlike besittings geplunder het. Makhotha het teen dagbreek daarin geslaag om homself te bevry. Hy is deur die buurman se werkers gevind. VL veroordeel die plaasaanval ten sterkste en hoop dat Makhotha volkome sal herstel en dat die polisie die aanvallers spoedig sal vastrek. Intussen sê Tommie Esterhuyse, visepresident van VL, is daar Maandag reeds met gesprekvoering met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) begin rakende die gebrek aan implementering van die Nasionale Landelike Beveiligingstrategie (NLBS).

Die familieboereorganisasie, Saai, versoek dat die huidige wapenamnestietydperk verleng moet word. Die organisasie sê in 'n verklaring dié versoek kom teen die agtergrond van die tweede vlaag van die COVID-19-pandemie en die ontwrigtende impak daarvan op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se funksionering. Saai het die Minister van Polisie, Bheki Cele, versoek dat die amnestietydperk met 'n verdere drie maande uitgestel moet word. Die aanvanklike sperdatum is 31 Januarie. OFM-nuus se Elsabé Richard berig een van die grootste struikelblokke is die vereiste dat vuurwapens vir die duur van die amnestieproses by die SAPD ingehandig moet word. Weens die waarde van vuurwapens en veral duur jaggewere, beveel Saai vuurwapeneienaars aan om foto’s van hul vuurwapens te neem as bewys van die toestand waarin die vuurwapens ingehandig is. Vuurwapen-eienaars wat bekommerd is dat hulle gedurende die amnestieproses te na gekom word, kan Saai by 066-071-6094 skakel.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWD) het 'n waarskuwing uitgereik oor die tropiese storm Eloise, wat tans oor die noordelike dele van Madagaskar beweeg en na verwagting teen Donderdag die Mosambiekkanaal sal binnegaan. Johann van den Berg, 'n onafhanklike weerkundige, het egter gesê dat die reën wat met die tropiese storm gepaardgaan, voordelig kan wees vir somergewasse in Suid-Afrika. Daar word na verwagting swaar reënval oor die suide van Mosambiek, die oostelike Laeveld en die platorand van die provinsies Limpopo en Mpumalanga, asook die noorde van KwaZulu-Natal, op 24 Januarie verwag en dit sal voortduur tot 25 Januarie. Van den Berg voeg by dat daar ook reën oor die binneland verwag word, wat goed sal wees vir somergewasse en om damme aan te vul. Hy het egter bygevoeg dat oorstromings moontlik is en skade aan infrastruktuur kan veroorsaak.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.