On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 22 Jan 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: Photoxpress

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mielietermynkontrakte het gister hoër verhandel ná 'n paar dae se verliese wat kopers weer mark toe gebring het.

Pryse word steeds ondersteun deur streng Amerikaanse voorrade, 'n hoë uitvoervraag wat hoofsaaklik deur China gelei word, en hoop op 'n nuwe stimulusrondte onder die regering van Biden.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gekry vir die dag en het hoofsaaklik die dag se verhandelinge in die groen afgesluit oor meeste van die wit- en geelmieliekontrakte wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R92/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 103/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R81/ton hoër verhandel om teen R3 218/ton te sluit.


Sojabone:

Amerikaanse sojaboon-termynpryse het gister herstel ná drie dae se verliese.

Die winste word ondersteun deur die kwynende Amerikaanse binnelandse voorraad en die groot Chinese uitvoervraag, maar dit is beperk namate die Brasiliaanse sojaboonoes toeneem.

Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge swakker geëindig oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 703/ton te sluit.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het ook steun gekry a.g.v. optimisme vir 'n Biden-stimulasieplan.

Droogte in Brasilië sal waarskynlik lei tot 'n tekort aan oeste, wat die land meer afhanklik van Argentynse koringversendings sal laat.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gekry en verhandel in die groen oor al die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 R44/ton hoër verhandel en gesluit teen R5 210/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.