On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vermiste bespuitingsvliegtuig in landerye gevind

───   ELSABÉ RICHARD 11:22 Fri, 22 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Vermiste bespuitingsvliegtuig in landerye gevind | News Article
Foto: Verskaf

Die bespuiting van landerye op ‘n plaas in die Bultfontein-omgewing in die Vrystaat het tragies geëindig toe die wrak van dié ligte vliegtuig Vrydagoggend gevind is.

OFM-nuus het verneem dat dié vliegtuig Donderdag nie teruggekeer het om te herlaai nie en boere en soek-en-reddingspanne is ontplooi en het tot laatnag daarna gesoek. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê die polisie-helikopter het vroeg Vrydagoggend die wrak gevind. Owerhede is op die toneel en ‘n span van Burgelike Lugvaart is ontplooi om die ongeluk te ondersoek. 

EN

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling herinner eienaars van beeste, skape en bokke daaraan om hul diere teen Slenkdalkoors in te ent. Die woordvoerder vir die departement, Reggie Ncobo sê die huidige voorspellings vir reënval dui aan dat goeie reënval in sekere dele van die land kan voorkom as gevolg van 'n La Niña-weerverskynsel. Dit sal lei tot 'n toename in die aantal muskiete. Hy verduidelik dat slenkdalkoors 'n ernstige virussiekte is wat versprei word deur muskiete wat die siekte van besmette diere na gesonde diere oordra. Die virussiekte kan aborsies en vrektes veroorsaak by beeste, skape en bokke. Mense wat in kontak kom met die bloed en ander liggaamsvloeistowwe van besmette diere, kan ook slenkdalkoors opdoen. Daarmee saam voeg hy by dat enige vermoede van die virussiekte onmiddellik by die naaste staats-veearts aangemeld moet word.



OFM-nuus






@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.