On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere bekommerd oor damwal ná swaar reën

───   CATHY DLODLO 13:21 Fri, 22 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Boere bekommerd oor damwal ná swaar reën | News Article
Modderrivier. Image: BFN Tourism

Boere in die Soutpan-omgewing in die Vrystaat is bekommerd oor die toestand van ‘n keerwal in die Modderrivier ná swaar reën in die omgewing.


Die rivier voer die Krugersdriftdam, en verskeie plase in die omgewing kry water vanuit die rivier. Dié keerwal is langs die plaas, Kruidfontein, van Frieda Voster geleë. Sy sê boere in die omgewing het dekades gelede, met die toestemming van die destydse regering, hierdie wal gebou. Die regering het toe die grond waarop die wal gebou is, uitgekoop en dit vorm nou deel van die Soetdoring Natuurreservaat. Voster sê herstelwerk is egter nou dringend nodig, veral ná die swaar reën wat die afgelope maande geval het.

Voster sê verskeie versoeke aan die regering om herstelwerk aan die keerwal te doen het sover op dowe ore geval. ‘n Ingenieur het egter ‘n terplaatse ondersoek gedoen en ‘n verslag hieroor uitgereik. Die verslag beraam die koste vir die herstel van die wal op sowat R3,5 miljoen. Voster sê boere kan nie bekostig om die skade te herstel nie.

Intussen het OFM-nuus vasgestel dat Vrystaat Landbou LUR, William Bulwane, Vrydag beplan om na die keerwal te gaan kyk. Hy het vroeër aangedui dat sy departement vir rampbestuurfondse gaan aansoek doen weens die skade wat boere gely het as gevolg van die swaar reën.

Nog ‘n boer in die omgewing sê behalwe vir die kommer oor die wal, bring dit meestal goeie vooruitsigte. Wenner van die 2016-Vroueboer van die Jaar Kompetisie in die Vrystaat, Mimie Jacobs, wat ook in die omgewing boer, sê danksy die onlangse reënval is besproeiing skaars nodig.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.