On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: President klop landbousektor op die skouer

───   11:29 Mon, 15 Feb 2021

Landbounuus-podcast: President klop landbousektor op die skouer | News Article
President Cyril Ramaphosa

Die landbousektor het 'n klop op die skouer van president Cyril Ramaphosa ontvang tydens vanjaar se staatsrede (SONA).

Hy het o.m. gesê dat die landbousektor in die land 'opvallend goed presteer' ondanks die koronavirus-pandemie. Die president het veral die sitrusbedryf se prestasies uitgelig, aangesien dit die wêreld se tweede grootste uitvoerder van sitrus gedurende 2020 geword het. Ander bedrywe wat erkenning ontvang het was die wyn-, mielie-, neute-, sagtevrugte- en suikerrietbedrywe. Dit het ook sterk uitvoergroei getoon. Ramaphosa het voorts bygevoeg dat die gunstige weersomstandighede van verlede jaar, sowel as aan die begin van 2021, aandui dat landbou waarskynlik op kort termyn sal groei.

EN

Die Landbousakekamer van Suid-Afrika, oftewel Agbiz, waarsku dat die skerp styging in die nasionale minimumloon verskillende arbeidsintensiewe subsektore in die landboubedryf negatief sal beïnvloed. Die Minister van Indiensneming en Arbeid het op 8 Februarie 2021 'n aanpassing van die nasionale minimumloon aangekondig wat vanaf 1 Maart 2021 in werking sal tree. Agbiz se John Purchase sê dat die spesiale bedeling vir plaaswerkers nou uit die weg geruim is, aangesien die minimum loon vir plaaswerkers nou geëwenaar sal word - dit styg van die huidige R18,68 per uur tot R21,69 per uur.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.