On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hulpverleningsorganisasie gee terug aan boerderygemeenskap

───   12:38 Mon, 15 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Hulpverleningsorganisasie gee terug aan boerderygemeenskap | News Article
Foto: Burre Burger

Die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger, het 'n hulpkreet van die Vrystaat-provinsie se boerderygemeenskap beantwoord.

In 'n onderhoud met OFM-nuus, sê Burger tydens veldbrande in Oktober verlede jaar het boere in die Boshoff- en Hertzogville-omgewing hul diere in die brand verloor. Burger en sy vriend, Werner Boshof, het besluit om 'n projek genaamd "Borg 'n vers" te begin waar hulle hulp van die gemeenskap gekry het om beeste aan slagoffers van die 2020 veldbrande te skenk. Burger sê van die 332 geskenkte beeste, is 113 sedert Desember afgelewer. Die 332 beeste se waarde word tussen R4 miljoen en R5 miljoen geskat.

Vrystaatse premier Sisi Ntombela het die afgelope naweek landbouprojekte vir vroue besoek, wat ook deur vroue bestuur word. Die premier se woordvoerder, Sello Pietersen sê opleiding van hierdie vroue het op boerderye by onder andere Tweeling plaasgevind. Pietersen vertel aan OFM-nuus dat hulle drie indrukwekkende projekte besoek het, naamlik die Tweeling-bokprojek, die Tweeling-varkboerderyprojek en die Shine The Way-hoenderprojek. Op een van die besoeke is hulle vergesel deur vroue wat tans opleiding in landbouvaardighede ondergaan. Opleiding sal tot volgende week voortduur vir vroue regoor die Vrystaat. Hierdie opleiding sal hulle hopelik in staat stel om die vaardighede toe te pas om hul gesinne se lewens te verbeter, het Pietersen bygevoeg.

EN

Honderde plase in staatsbesit regoor die land is vrygestel vir boerderybedrywighede. Dit is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza. Sy het voor die parlement se portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling verskyn. Didiza het gesê dat slegs plase onder die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust vrygestel is. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig dat die proses om aansoeke vir landbougrond en die beskikbare plase aan te pas, nou in volle gang is.



OFM-nuus/Blaine Jones, Shirndré-Lee Simmons en Cathy Dlodlo

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.