On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onlangse oorstomings hou 'n risiko vir aanplantings

───   10:48 Thu, 18 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Onlangse oorstomings hou 'n risiko vir aanplantings | News Article
Foto: Pixabay

Die landbou-organisasie TLU SA is dankbaar vir die onlangse reënval in die land.

Die organisasie se president, Henry Geldenhuys, sê hulle het talle boodskappe ontvang wat vertel hoe die natuur ná die reën herstel. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, voeg by dat die reën openhartig verwelkom word, maar baie gebiede en damme in die Noord-Kaap en ander gebiede het oorstroom. Hy sê die riviere het hul walle oorstroom en die sojaboon- en grondboontjieplantasies naby hierdie riviere, is deurdrenk. Soveel só dat hierdie boere die kans staan om hul aanplantings heeltemal te verloor.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R45,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,32 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,99 per kg verkoop. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.



OFM-nuus/Shirndré-Lee Simmons en Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.