On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-myn skenk voer aan boere - FOTO'S

───   14:06 Fri, 19 Feb 2021

Landbounuus-podcast: NK-myn skenk voer aan boere - FOTO'S | News Article

Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid het sy bevindinge oor die negatiewe impak van die nuwe nasionale minimumloon op werksekerheid bekendgestel.

OFM-nuus se Lee Simmons berig Agri SA se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, ondersoek die behoefte aan grootskaalse werkskepping.

Kumba Iron Ore se Kolomela-myn in Postmasburg, in die Noord-Kaap, het duisende rande aan boere in Steinkopf, Namakwaland geskenk. Die boere gaan nou al vir jare onder erge droogte gebuk, en ten spyte van swaar reën in die res van die land, duur die droogte in dié omgewing voort.  Die Steinkopf Boerevereniging het die skenking in ontvangs geneem. Lede het voer en lusern ontvang wat hulle teen bekostigbare pryse vanaf die Departement van Landbou en ‘n plaaslike onderneming, ZVM Voere, aangekoop het. OFM-nuus berig die afgelope tyd oor goeie reënval in die Noord-Kaap, maar tog het baie boere nie veel of geen reën ontvang nie. Talle boere is nog afhanklik van voer om hulle boerderye aan die lewe te hou, vertel Lionel Cloete, lid van die Steinkopf Boerevereniging. Cloete het die departement en ZVM Voere bedank dat hulle bereid was om lusern en voer tot op Steinkopf te vervoer, en ook vir die bekostigbare pryse. Hy noem dat die droogte nog lank nie verby is nie.

EN

Sentraal-Suid-Afrika het die afgelope maand swaar reënval beleef, en alhoewel dit vir sommige 'n seën is, gaan sekere Noord-Kaapse gebiede steeds gebuk onder droogte.  Een van dié gebiede is Boesmanland, ‘n streek in die Noord-Kaap wat strek vanaf Calvinia in die suide tot by die Oranjerivier in die noorde en ooste, en Namakwaland in die weste.  President van Agri Noord Kaap, Nicol Jansen, sê hulle is nog hoopvol dat dele in die streek weer sal reën kry en tot in sy volle glorie en kapasiteit sal kan herstel. Jansen sê die sentrale, westelike gedeeltes word die meeste deur die droogte geraak en ook veegetalle het drasties verminder - met omtrent 60%. Daar is ook geen weiding vir diere in die area nie, sê Jansen.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.