On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogte heers steeds in dele van NK

───   10:20 Mon, 22 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Droogte heers steeds in dele van NK | News Article

Sentraal Suid-Afrika het die afgelope maande swaar reënval beleef, en alhoewel dit vir sommige 'n seën is, gaan sekere Noord-Kaapse gebiede steeds gebuk onder droogte.

Een van dié gebiede is die Boesmanland-streek. President van Agri Noord Kaap, Nicol Jansen, sê hulle is nog hoopvol dat dele in dié streek weer sal reën kry en tot in sy volle glorie en kapisiteit sal kan herstel. Jansen sê met veegetalle tussen 30% en 50% is die produksiepotensiaal baie laag.

EN

Rooivleispryse in die nuwe jaar het stabiel gebly en is bykans nie beïnvloed nie. Gielie Nieuwoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê die onlangse reënval het 'n gunstige impak op die rooivleisbedryf gehad. Hy sê verder dat die prys van rooivleis vir die produsent stabiel en bekostigbaar was en dat dit steeds 'n hoë proteïenbron vir die verbruiker is. Hy waarsku egter dat produsente hulle kuddes moet inent teen siektes veral ná die goeie reën.


OFM News/Shirndré-Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.