On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaatse boere moet bewus wees van veesiektes

───   14:55 Thu, 25 Feb 2021

Vrystaatse boere moet bewus wees van veesiektes | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Derksen se die belangrikste ding vir nou is om bewus te wees van veesiektes. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. "Ons deel van die Vrystaat lyk soos 'n blomtuin, maar die spoke van die siektes sal egter by ons wees,” sê hy. Volgens hom het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R44,50 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,01 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,65 per kg verkoop.


Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,60 per Kg



B-klas beeste
R24,93 per kg



C-klas vet koeie
R23,80 per kg



Maer koeie
R18,00 per kg - R22,45

Slagbulle
R25,02 per kg



Skape




Stoorlammers
R40,47 per kg



Slaglammers
R38,05 per kg



Stoorskape
R30,13 per kg



Vetskape
R27,50 per kg



Bokke




Lammers
R48,00 per kg



Ooie
R36,00 per kg




Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.