On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Onsekerheid heers in die wolmark

───   11:21 Fri, 26 Feb 2021

Onsekerheid heers in die wolmark | News Article

Alhoewel die werksaamhede in China teruggekeer het na normaal, heers daar 'n mate van onsekerheid oor die rigting waarin die wolmark volgende week gaan beweeg.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by die rede hiervoor is die effek wat die Suid-Afrikaanse begrotingstoespraak op die sterkte van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede sal hê. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 6.2% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Sertifisering bly 'n belangrike aspek en is 'n toekomsneiging wat gekom het om te bly, sê Victor. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 3 Maart 2021, waar sowat 10 812 bale aangebied sal word.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.