On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Skrywer verkoop boeke vir #droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 02 Mar 2021

Skrywer verkoop boeke vir #droogtehulp | News Article

‘n Namakwalandse skrywer in die Noord-Kaap verkoop van sy boeke om boere wat geraak word deur droogte te help.

Gert Engelbrecht, wat ook bekend is as Gert Sarrisam, sê hy het hierdie inisiatief begin omdat hy weet hoe dit voel om deur erge droogte geraak te word. Hier is Engelbrecht…

Sien onderstaande PODCAST

Sy skuilnaam, Sarrisam, is na aanleiding van die naam van sy plaas wat naby Wallekraal in die Sandveld, in die Garies-streek in Namakwaland, geleë is.

Engelbrecht, ‘n afgetrede boer van 58 jaar, sê hy het gedurende die Covid-19 inperking met hierdie insiatief begin. Hy voeg verder by dat hy reeds boeke by Brandvlei en Calvinia afgelewer het, maar moedig droogtehulpforums aan om hom te kontak om ook van hierdie boeke te kry om te verkoop en die geld aan boere in hulle streke te skenk.

Dié 77-jarige Namakwalandse skrywerboer het sy eerste boek genaamd ‘Vonke uit die koeroeklip’ in die jaar 2006 geskryf, gevolg deur ‘As murasies kon praat’ in 2008. Hy het toe ‘n paar jaar later ‘n boek geskryf oor dwelmverslawing nadat ‘n man uit die Citrusdal-omgewing, wat drie keer probeer het om sy eie lewe te neem, hom gekontak het om hierdie verhaal te skryf. ‘Vammelewe se vuurstories vat vlam’, is sy nuutste boek.

Engelbrecht deel dat hy reeds 14 000 van sy boeke in die verlede verkoop het, en hoop om deur nog verkope boere se nood te help verlig.

Droogtehulpforums sowel as die publiek kan Engelbrecht kontak by 0272013752 WhatsApp: 0736691103 of stuur ‘n epos na hestelle.engelbrecht@gmail.com.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.