On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Statistieke vir plaasaanvalle skep slegte prentjie

───   ELSABÉ RICHARD 14:07 Tue, 02 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Statistieke vir plaasaanvalle skep slegte prentjie | News Article

Die Vrystaat se statistieke vir plaasaanvalle en -moorde is vrygestel en dit skep nie 'n positiewe prentjie nie.


Die provinsie het 'n toename van 53.85% in plaasaanvalle aangeteken - die meeste van al die provinsies in die onlangse derde kwartaal se misdaadstatistieke van 2020/21. Dr Jane Buys, Vrystaat Landbou se Veiligheidsrisiko-analis, sê die Vrystaat het ? toename van 14.1% in moord-insidente, en 39.2% in poging-tot-moord-insidente, gedurende dieselfde tydperk gehad. Die syfers vir moord en poging tot moord is die hoogste in vyf jaar. Buys voeg verder by dat die organisasie die toename beskou as 'n bewys dat die regering nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na behore toerus en beman om misdaad effektief te bestry nie. Sy deel ook dat hoë misdaadgebiede ten opsigte van plaasaanvalle of -moorde, kleinhoewes in Bloemfontein, Clocolan, Hennenman, Mafube, Odendaalsrus, Viljoenskroon en Virginia insluit. Buys voeg by dat alhoewel die syfers vir gewapende roof met 12.5% gedaal het, het huis- en sakeroof met onderskeidelik 2.7% en 6.8% toegeneem. Sy sê hierdie syfers van ernstige geweldsmisdaad het 'n direkte impak op alle gemeenskappe, insluitend boerderygemeenskappe.

EN

Oor net meer as 'n maand sal boere hulself voorberei vir die begin van die wintergewasse-plantseisoen. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê boere het net meer as 751 000 hektaar koring, gars, kanola en hawer aangeplant, en dit sal waarskynlik in 2021 toeneem, gegewe die relatief gunstige seisoenale vooruitsigte. Hy voeg verder by dat alhoewel seisoenale landboudrywighede laag is - behalwe vir die verspreiding van produkte - is 'n rekord-somergraanoes om die draai. Maree sê teen hierdie agtergrond sal die vraag en verbruik van brandstof na verwagting op mediumtermyn styg, en die onlangse styging in die ru-olieprys voorspel niks goeds vir produsente nie, aangesien produksiekoste waarskynlik sal styg.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.