On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wetsontwerp op Grondhof sal strenger geregtelike toesig verseker

───   ELSABÉ RICHARD 16:54 Wed, 03 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Wetsontwerp op Grondhof sal strenger geregtelike toesig verseker | News Article

Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sê die Wetsontwerp op die Grondhof sal strenger geregtelike toesig oor eise verseker.


Lamola en die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het die media vroeër vandeesweek ingelig ná die goedkeuring van die kabinet dat die Wetsontwerp op die Grondhof aan die parlement voorgelê word. Lamola het gesê die doeltreffendheid van die prosedures en reëlings wat in die wetsontwerp voorgestel word, sal help om grond-regspraak in die land te ontwikkel. Lamola het ook bygevoeg dat die Wetsontwerp op die Grondhof ook sal sien dat daar ’n Appèlhof vir grond sal wees. Dié hof sal gelykstaande wees aan die land se Appèlhof in Bloemfontein. Daarmee saam het Didiza bygevoeg dat die finansiële vermoë en uitbreiding van die mandaat van die Regshulpraad om grondverwante geskille op te los, 'n vinnige oplossing kan verseker deur middel van die bemiddelings- en arbitrasie-benadering.

Die newe-effekte van die rampdroogte kan langtermyn wees, ondanks die onlangse swaar reënval in die Noord-Kaap. Dit is volgens premier Zamani Saul, tydens die provinsiale rede Dinsdag. Saul het benadruk dat die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling droogtehulpbefondsing van R35,6 miljoen aan die provinsie toegeken het om boere wat onder droogte gebuk gaan te help. Saul het ook bekend gemaak dat die provinsiale regering boere in alle distrikte gehelp het deur koopbewyse vir voer, sowel as vervoer van voer na boere deur middel van hierdie fondse, beskikbaar  te stel. Hy deel dat die provinsiale regering ook voerskenkings aan boere gedoen het wat deur veldbrande geraak is.

EN

Indien jy kan hulp verleen of graag by droogtehulpprojekte wil betrokke raak, besoek ofm.co.za, kliek op “read” en blaai af na die “featured pages” afdeling regs, daar sal jy die Agri Aid blad vind met verskeie skakels na hulporganisies wat jy kan ondersteun. Vir die jongste nuus, volg die hutsmerk #LandbouHoop.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.