Agri Hour
Styging in wolmark toegeskryf aan swakker Rand─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 05 Mar 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n effense styging getoon.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê hierdie styging kan toegeskryf word aan die verswakking van die Rand, asook die navolging van die sywaartse beweging van die Australiese mark.
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê met dit ingedagte, word 'n verdere sywaartse beweging vir volgende week voorspel.
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 6,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 10 Maart 2021, waar sowat 10 223 bale aangebied sal word.
OFM-nuus