On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat het die meeste plaasaanvalle

───   ELSABÉ RICHARD 11:42 Thu, 04 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Vrystaat het die meeste plaasaanvalle | News Article

Die Vrystaat het die hoogste getal plaasaanvalle van al die provinsies gehad, soos weerspieël in die onlangse derde kwartaal se misdaadstatistieke van 2020/21.

Dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), sê die syfers toon ‘n toename van 53,85%. Buys verduidelik dat die Vrystaat 'n toename van 14,1% in moordgevalle gehad het en 39,2% in poging tot moord-gevalle in dieselfde tydperk. Sy sê die syfers vir moord en poging tot moord is die hoogste in 'n tydperk van vyf jaar. Die organisasie beskou die toename as bewys dat die regering nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) behoorlik toerus en beman om misdaad doeltreffend te bekamp nie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,44 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,09 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,31 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.