On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA wil status as rooivleis-uitvoerder beskerm

───   ELSABÉ RICHARD 15:46 Thu, 04 Mar 2021

Landbounuus-podcast: SA wil status as rooivleis-uitvoerder beskerm | News Article

Suid-Afrika en Namibië doen alles in hul vermoë om hul status as uitvoerders van rooivleis te beskerm.


Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en Namibië se Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het kommentaar gelewer na aanleiding van die nuutste verklaring deur die Amerikaanse beesboervereniging oor hul kommer dat Amerika vanuit Afrika-lande met bek-en-klouseer besmet kan word. Gerrit Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, het aan Landbouweekblad gesê Suid-Afrika is baie bekommerd oor bek-en-klouseer, veral in sy buurlande waar die siekte endemies is. Daarteenoor het Namibië en Botswana bek-en-klouseervrye areas en hulle is in hierdie stadium in ’n goeie posisie vir die uitvoer van rooivleis. Suid-Afrika het sowat twee jaar gelede sy status as bek-en-klouseervrye sone by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) verloor met die uitbreking van hierdie gevaarlike siekte in Limpopo. Die uitbrekings bly egter beperk tot die noorde van Limpopo.

Boere in die Nieuwoudtville-omgewing in die Namakwa-streek in die Noord-Kaap gaan steeds onder erge droogte gebuk. So sê Nicol Jansen, president van Agri-Noord-Kaap. Hy sê dat 'n derde van die omgewing se boorgate en meeste standhoudende fonteine se lewering baie swak is. Jansen deel ook dat die Garies-omgewing wisselvallige reënval ervaar het. Hy sê gebiede naby Garies het beter reënvalsyfers aangeteken, maar dat dit egter nie genoeg was om die langdurige droogte te breek nie. Jansen moedig ook die publiek aan om hierdie gebiede te besoek.

EN

Intussen het die Noord-Kaapse Departement van Landbou ses pas-gegradueerde veearste by die departement verwelkom. Luidens die departement se LUR, Mase Manopole, sal die nuut-aangestelde veeartse in dieregesondheidsklinieke in Kuruman, Kimberley, Prieska en Upington geplaas word. Die kabinet het die konsep van 'n jaar verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse in 1997 goedgekeur as 'n alternatief vir beroepsopleiding. Die program het daartoe bygedra om pas gekwalifiseerde veeartse die geleentheid te gee om 'n bydrae te lewer tot die openbare sektor en die land in die algemeen.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.