On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 05 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark verhandel gemeng tussen die ou en nuwe seisoenkontrakte.  

Die Amerikaanse etanolproduksie het verlede week toegeneem, wat positief is vir die mielieverbruik in die VSA.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R4/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 109/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R8/ton hoër verhandel om teen R3 225/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel sterker met die bekommernisse rakende die weerstoestande in Suid-Amerika.

Die Chinese vraag na sojabone bly steeds sterk en die verwagting is dat die Chinese aankope in die volgende paar weke meer na Brasilië toe sal verskuif.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R55/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 767/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark verhandel sterker met tegniese aankope wat gedoen word.

Die verwagting is dat die koringproduksie in die Swartsee-streek hoër behoort te wees hierdie seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R32/ton hoër verhandel om teen R5 250/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.