On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Oos-VS paaie haglik'

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Fri, 05 Mar 2021

Landbounuus-podcast: 'Oos-VS paaie haglik' | News Article

Die R26-pad vanaf Hobhouse na Ladybrand in die Vrystaat, is in 'n haglike toestand.

Dit is volgens Antoon van den Berg, verteenwoordiger van die Ladybrand-landbouvereniging se paaie afdeling. Van den Berg sê die toename in vragmotors op hierdie pad het bygedra tot 'n toename in slaggate. Hy sê hulpkrete om die pad te herstel het sover op dowe ore geval. Hy deel dat boere reeds ná swaar reën begin het om grondpaaie te herstel maar dat hulle nie genoeg fondse of hulpbronne het om teerpaaie te herstel nie.

Intussen bied die Vrystaat talle geleenthede in die landbousektor. Premier Sisi Ntombela het dit tydens die provinsiale rede bekend gemaak. Ntombela het benadruk dat dit dus nie verbasend is dat 14,5% van Suid-Afrika se kommersiële boerdery-aktiwiteite in die provinsie plaasvind nie. Sy sê dit 'n voordeel wat ten volle benut moet word. Ntombela het verder verklaar dat verskillende programme en inisiatiewe in die provinsie van stapel gestuur is om die plaaslike landbousektor te help ontwikkel en om onder meer ook werksgeleenthede vir die jeug te skep. Ander inisiatiewe sluit onder meer die Free State Poultry Hub Investment Plan en die Chicky Piggy in - wat in Xhariep bedrywig is.

EN

Suid-Afrikaanse boere wat naby die landsgrense met bure soos Zimbabwe, Mosambiek, Eswatini en Lesotho boer, kan aansoek doen om 'n visum om arbeid in te voer wanneer dit nodig is. Volgens The South African sê Marisa Jacobs, direkteur van Xpatweb, dit is van kardinale belang dat boere wat by die Departement van Binnelandse Sake en die Departement van Arbeid wil aansoek doen om 'n korporatiewe visum, moet bewys dat hulle eers werklose Suid-Afrikaners vir die poste gesoek het. Die korporatiewe visum stel boere in staat om grootmaat-goedkeuring te verkry vir groepe van tussen 50 en 1 000 arbeiders of meer om in Suid-Afrika te werk vir 'n tydperk van tot drie jaar, waarna 'n hernuwing nodig is. Nadat hierdie visum goedgekeur is, word 'n sertifikaat aan werkers uitgereik. Dit kan vier tot ses maande neem om die visum te kry. Boere word dus aangeraai om vooraf 'n immigrasie-spesialis te raadpleeg om die beste advies en praktiese hulp in te win vir die indiening van 'n aansoek.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.