On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-boer praat oor sprinkaanplaag

───   ELSABÉ RICHARD 12:05 Thu, 08 Apr 2021

Landbounuus-podcast: NK-boer praat oor sprinkaanplaag | News Article
Image: BBC News

Boere is steeds hard besig om in sekere dele van die Noord-Kaap sprinkane te bestry.


Dit is volgens Drienus van Zyl, ‘n boer uit die Kakamas-omgewing. Hy sê die omvang van die uitbraak in sy omgewing, het hy laas in die 1970’s en toe vlugtig in 2011, aanskou. Van Zyl, wat met lewendehawe, wild en druiwe boer tussen Kakemaas en Louriesfontein in die Boesmanland-streek, sê hulle spuit nou al vir sowat sewe weke. Hy deel dat sprinkaaneiers na ‘n baie lang droogte in die omgewing uitgebroei het nadat die omgewing goeie reën gekry het. OFM-nuus het voorheen berig Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se omgewingsakekomitee sê daar is twee depots in die provinsie, naamlik De Aar en Upington, waarna diegene wat bereid is om sprinkane te bespuit kan gaan om middels daarvoor te kry. Hy voeg egter by dat hierdie persone eers ‘n kursus moet voltooi om hulself te vergewis van die gevare en hoeveelhede wat gebruik moet word wanneer hulle die gif gebruik.

EN

Daar bestaan groot kommer oor die finansiële vermoëns van die Landbank om finansiering aan boere te verskaf. Prof. Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, sê dié bank is tengnies bankrot en sukkel selfs om sy krediteure te betaal. Willemse sê daar is heelwat boere wat via Unigro en ander landboubesighede van Landbank finansiering afhanklik is. Hy raai egter boere aan om vroegtydig alternatiewe finansiering te reël voor hul die geld nodig het in die nuwe produksieseisoen. Willemse se opmerkings volg nadat OFM-nuus onlangs berig het dat die landbousektor ‘n onsekere toekoms in die gesig staar as die Landbank en Nasionale Tesourie nie 'n wedersydse aanvaarbare plan met die krediteure van die bank kan bereik nie en oor hóé, ondermeer, om ongeveer R40 miljard-skuld te geherstruktureer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.