On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Styging in brandstofpryse kom op ongeleë tyd - FNB

───   ELSABÉ RICHARD 14:23 Fri, 09 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Styging in brandstofpryse kom op ongeleë tyd - FNB | News Article

Brandstof is die lewensaar van die landbou-waardeketting, en alle prosesse van plaas tot vurk is afhanklik van die beskikbaarheid daarvan op die regte tyd en teen 'n bekostigbare prys.

Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê stygings in brandstofpryse kom op 'n ongeleë tyd aangesien die wintergewasse- en die somergewasse boere hulle vir die winter-oes gereed maak. Hy sê graanprodusente en logistieke ondernemings in die landbou-waardeketting sal aan die kortste end trek, omdat ongeveer 80% van graan per pad vervoer word.

Vyf ambisieuse, talentvolle en hardwerkende jong Vrystaatse boere ding vanjaar op 13 April om die gesogte titel van Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar mee. Francios Wilken, president van Vrystaat Landbou, deel dat die wenner tydens 'n klein spog dinee bekend gestel sal word in lyn met Covid-19 regulasies. Wilken sê die afdelings waarop kandidate beoordeel word sluit in onder meer gemeenskapsbetrokkenheid, begroting en finansies sowel as produksie. Vanjaar se finaliste is Annalea van Niekerk, Doug Osler, Jimmy Roberts, Louis Albrecht De Jager en Nant Yzel.

EN

Die Noordwes LUR vir onderwys, Wendy Matsemela, het Die Hoërskool Wagpos, 'n landbouskool, wat buite Brits in die Bojanala-distrik geleë is, gelukgewens met hul uitstekende prestasies in landbou. Die skool se volgehoue en doelbewuste praktyk van landbou het daartoe gelei dat hy sy produkte in die ope mark verkoop. Elias Malindi, woordvoerder van die departement, sê leerders kry die geleentheid om kennis en vaardighede in landbou op te doen. Die LUR het bygevoeg dat vir enige land om te oorleef het hy voedsel nodig, daarom is dit belangrik dat daar mense moet wees wat voortgaan om voedsel te produseer. Sy het verder gedeel dat sy ander landbouskole aangemoedig het om Wagpos te besoek vir verwysingsdoeleindes.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.